Kersvader bring KI na die Noordpool

Vader Krismis se brief

‘n Spannetjie besige elwe het hulle tot KI-tegnologie gewend om unieke handgeskrewe briewe te skep.

Deur die webwerf HandwryttenBySanta.com kan ouers nou hul kleingoed help om ‘n persoonlike boodskap van Kersvader te stuur.

Terwyl Kersvader homself besig hou met die bestuur van elwe, die versorging van sy rendiere en die voorbereiding van sy slee, maak hy staat op Handwrytten-blikbreine om hom te help om briewe te beantwoord.

Handwrytten, ‘n maatskappy wat outomatiese boodskappe skryf, werk saam met Kersvader om te verseker dat elke reaksie aan die hoë Noordpoolstandaarde voldoen, kompleet met ‘n spesiale goue seël en feestelike versierings soos Kersbome of rendiere.

Om aanlyn in te teken is eenvoudig: mense sal twee kodes vir individuele briewe ontvang, waarin hulle tot 400 karakters kan gebruik. Elke brief, wat lyk asof dit deur Kersvader self geskryf is, sal soos per toorkuns aan kinders afgelewer word.

Verwag dat hierdie kaarte sal bekoor met ‘n pepermentgeur en ‘n sweem van vals sneeuvlokkies.

Hulle sal aanland vanaf die fee-agtige adres ‘Elfweg 123, Noordpool, 88888’.

Handwrytten bied die eerste 6,000 briewe gratis aan, met sowat 2,500 steeds beskikbaar.

Hierna sal ‘n klein fooi gehef word, met kaartjies wat van $3,25 (R70) af kos en geskik is vir verskeie geleenthede.

Op die foto hierbo: Kersvader se briewe

Voorraadfoto