Deur Razeen Gutta
Banyana Banyana legende Janine van Wyk het haar stewels op ‘n hoë noot opgehang met haar 185ste verskyning in die wedstryd waartydens Suid-Afrika vir Wafcon 2024 gekwalifiseer het.
Die 36-jarige het meer internasionale wedstryde gespeel as enige speler op die vasteland, met haar 185 verskynings vir Banyana wat dié van Egipte se Ahmed Hassan geklop het.
Die veteraan Van Wyk het die span vir ‘n laaste keer gelei toe Suid-Afrika vir Burkina Faso met 2-0 in die Lucas Moripe Stadion in Atteridgeville verslaan het.
Haar ervaring sal beslis gemis word by die spoggeleentheid, en bestuurder Desiree Ellis het haar sterkte toegewens in wat blyk ‘n afrigtingsloopbaan gaan wees.
“Ek wil ook vir Janine baie geluk sê met haar lang loopbaan. Ek dink dit is welverdiend. Sy het alles gegee en het altyd haar hart op haar mou gedra, en dit kon nie met ‘n meer verdienstelike persoon gebeur het nie,” het Ellis gesê na die wedstryd.
“Sterkte en welkom hier. Dit is nie maklik nie, maar ons wens haar alle sterkte toe en hopelik is haar afrigtersloopbaan net so suksesvol soos haar speelloopbaan.”
Op die foto hierbo: Janine van Wyk.
Bron: @FIFAWWC