‘Fase 6 is lugversorgers se skuld’ – Eskom

A/C robs Eskom

Eskom het die vinger na lugversorgers en waaiers gewys as van die redes vir die onlangse Fase 6 beurtkrag.

Karabo Rakgolela, die hoofbestuurder van Lethabo Kragstasie, het gesê die onlangse hittegolf in die Vrystaat het gelei tot ‘n aansienlike toename in kragverbruik.

Hy het gesê die temperatuurveranderinge het probleme veroorsaak, wat gelei het tot die tydelike kragverlies.

“In ‘n hittegolf soos ons ervaar het, kan jy sien hoe die verbruik toeneem namate alle welvarende Suid-Afrikaners hul lugversorging en waaiers aanskakel, en dit aanhou gebruik solank dit warm bly,” het hy gesê.

Hoë temperature het ook probleme by kragstasies veroorsaak, wat gelei het tot buislekke en eenhede wat afskop, het MyBroadband berig.

Eskom was uiteindelik tot laat in die nag van diesel afhanklik tydens die genoemde hittegolf.

Eskom het ook erken dat hy sy noodreserwes oorbenut, wat bygedra het tot die toename in kragonderbrekings tydens Fase 6 beurtkrag.

Die oorgebruik van noodreserwes het kommer oor netwerkstabiliteit en energievoorsiening in die land laat ontstaan.

Onafhanklike energie-ontleder Pieter Jordaan het uitgelig dat Eskom se gebruik van oopsiklus-gasturbines (OSGT) verby die 6%-perk, soos deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) bepaal, gestel is.

Die afhanklikheid van OSGT-opwekkers het ook gelei tot verhoogde koste, wat ‘n premie van 33% by die koste van elektrisiteit voeg.

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: Lugversorging steel ons krag!