Sensasionele Suid-Afrikaanse sangeres Tyla het met die hele sak patats vorendag gekom oor haar Grammy-benoeming tydens ‘n verskyning op The Jennifer Hudson Show.
“Ek het opgespring! Ek het geskree. Ek kan dit nie glo nie. Dit is mal!” het die opgewonde tiener gesê oor haar Grammy-benoeming in die kategorie Beste Afrika Musiekuitvoering vir haar treffersnit ‘Water’.
Tyla het in ‘n geselsie met J-Hud het sy beskryf hoe sy die uitklopnuus ontvang het.
“Ek was in my hotelkamer in New York. Ek het dit glad nie verwag nie. My voorneme was: ‘Kyk net die regstreekse stroom; miskien word jy genomineer.’ Ek het die ding van die begin af dopgehou en toe ek my naam sien…”
Tyla kon haarself nie bedwing nie en het ‘n sterk “Joh!”
Hudson het Tyla gelukgewens met die verteenwoordiging van haar tuisland, en die opkomende ster het haar droom gedeel.
“Ek wou nog altyd ‘n Suid-Afrikaner op dieselfde verhoog as die groot sterre hê. Ek voel dit is my doelwit. Ek wil regtig ‘n voorbeeld word vir ander Afrika kunstenaars wat dieselfde wil doen.”
Tyla, bekend vir haar ‘Water’ dans wat die internet opgeblaas het, het vir J-Hud ‘n vinnige kursus gegee in die opspraakwekkende bewegings wat ‘n TikTok-storm veroorsaak het.
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: Tyla.
Bron: X