Deur Zukile Majova
Minister van Elektrisiteit Kgosientsho Ramokgopa het bewerings ontken dat dele van die land, veral Johannesburg, Fase 8 beurtkrag ervaar het.
Inwoners het tot 12 uur se onderbrekings gedurende ‘n 24-uur siklus aangemeld, ondanks die feit dat Eskom gesê het die land was slegs op Fase 6.
Energiekenner Chris Yelland het gesê Suid-Afrikaners het die volste reg om te twyfel aan die betroubaarheid van inligting oor die kragtekort wat deur die staat gedeel word.
Intussen het die minister gesê inwoners van Joburg het lang ure se beurtkrag ervaar omdat City Power die implementering van die beurtkragskedule by Eskom oorgeneem het.
“Met betrekking tot die mense van Johannesburg moet ek heel eerste sê dat ons nooit Fase 8 bereik het nie. Ek kan nie die ervarings van mense op verskeie plekke ontken nie. Maar onthou dat Eskom in die geval van Johannesburg verantwoordelikheid aan City Power oorgedra het.
“En ek is seker dit is ‘n gesprek wat ons met City Power sal hê,” het Ramokgopa gesê.
Ramokgopa het weereens aan die nasie ‘n beurtkragvrye Desember belowe, en bygevoeg dat hulle verwag het dat Kusile Kragstasie se eenhede 2 en 5 binnekort weer in werking sal wees.
“Wat ons ook van Desember weet, is dat jou energie-intensiewe gebruikers, jou groot nywerhede, besig is om te sluit, so die aanvraag gaan daal. Daar sal dae wees wanneer daar geen beurtkrag is nie,” het hy gesê.
Tydens sy weeklikse opdatering oor die toestand van die netwerk, het die minister gesê al het stelselfoute die land onverwags in Fase 6 verduistering gedompel, was die netwerk nooit naby ‘n stelsel-ineenstorting nie.
“Wanneer jy die vlakke van beurtkrag verhoog, beteken dit nie jy is naby ‘n stelsel-ineenstorting nie. Al wat dit beteken, is dat die stelseloperateur wakker is en dat hy alles doen om die netwerk te beskerm.”
Aangesien dit Sondag Fase 6 beurtkrag beëindig het, het Eskom gesê sy stroomonderbrekingskedule sal van Maandag tot Donderdag hierdie week wissel tussen Fase 3 in die oggend en Fase 4 in die aand.
Met die dat Eskom se verouderende steenkoolvloot hoogs onbetroubaar van aard bly, het die International Partners Group sy befondsing vir Suid-Afrika se energie-oorgang van $8.5 miljard (R160.4 miljard) tot $9.3 miljard (R175.2 miljard) verhoog.
Op die foto hierbo: Minister van Elektrisiteit Kgosientsho Ramokgopa