Ná 47 wedstryde van die Wêreldbeker-kriekettoernooi is Nr. 48 op hande, met Indië wat Australië die finale stryd aansê.
Dit is moeilik om mens voor te stel dat Indië nié voor hul tuisskare sal wen nie, veral met die goeie toestand waarin hulle die eindstryd betree.
Indië het tot dusver elke wedstryd van vanjaar se Krieketwêreldbeker gewen en al die tekens dui daarop dat hulle Sondag die trofee sal lig.
Maar Australië sal hoop dat die spanning om voor ‘n triomf-afwagtende skare te speel een te veel sal wees vir Indië se senuwees.
‘n Eindstryd is nooit maklik nie, maar ‘n skare van 132,000 by die Narendra Modi Stadion – met die meerderheid wat vir Indië ondersteun – mag ‘n kantelpunt vir die tuisspan wees.
Dit kan hulle motiveer om hul teenstander te verpletter, of loodswaar op hul skouers weeg.
Soos met elke eindstryd in enige sportsoort, word daar egter gespeel om te wen en dit sal verwagtinge verpletter as Indië nie seëvier nie.
Die 2023 gashere het die Krieketwêreldbeker by twee geleenthede gewen, een keer in 1983 en weer in 2011, en hulle sal desperaat wees om ‘n derde trofee in hul uitstalkas te bêre.
Die enigste vraag is, kan Australië hulle keer?
Die Krieket Wêreldbeker-eindstryd word regstreeks vanaf 10.30vm op DStv-kanaal 201 uitgesaai.
➤ Die Verenigde Rugbykampioenskappe is besig om ‘n ware karaktertoets vir Suid-Afrikaanse spanne word.
Hierdie naweek sal kritiek wees vir sewe spanne wat drie van hul vier wedstryde tot dusver gewen het.
Die Bulle is een van daardie spanne, en so ook Edinburgh. Die Bulle se wedstryd Vrydagaand by Hive Stadion in Edinburgh sal in ligte wind op ‘n nat veld gespeel word, maar met min kans op reën, en met die temperatuur op ‘n koel ses grade Celsius.
Dit lyk of Jake White dit regkry om die Bulle te laat wenrugby speel, en hulle is Suid-Afrika se beste kans op oorwinning in die noordelike halfrond.
Die Leeus speel Vrydagaand op dieselfde tyd teen Ulster in omtrent dieselfde weer. Behalwe dat dit seker sal reën. Die ouens van Johannesburg het ‘n diep begeerte om te wen, maar dit gaan hul moeilikste wedstryd tot nog toe wees.
Verwag dat die kaalkop John Dobson ‘n mussie sal dra wanneer die Stormers op die veld draf teen Munster in siedende reën en loeiende wind. Die Stormers kon nog nie “Kaapstad laat glimlag” soos hulle verlede jaar so goed reggekry het nie. Hulle het nog glad nie aan die gang gekom vanjaar nie, maar mens kan nooit daardie manne van die mooiste Wes-Kaap onderskat nie.
Connacht het drie wedstryde gewen en is feitlik bo-aan die puntelys, met die Sharks heel onder. Hulle het nog nie ‘n enkele oorwinning hierdie seisoen behaal nie, maar dié wedstryd is op Kings Park in Durban. As die bordjies ooit verhang gaan word, moet dit dié Saterdag gebeur. Dis sink of swem (verskoon die woordspeling) vir die Sharks. Hulle beter hul sokkies optrek.
Alle wedstryde sal op DStv-kanale 201 en 211 te sien wees.
Edinburgh vs Bulle Vrydag om 9.35nm
Ulster vs Lions Vrydag om 9.35nm
Sharks vs Connacht Saterdag om 5nm
Munster vs Stormers Saterdag om 7.15nm
➤ Vir die eerste keer in meer as 40 jaar keer Formule 1 terug na Las Vegas vir ‘n Grand Prix.
Die laaste twee wedrenne in Vegas was in 1981 en 1982 en het in die middel van ‘n parkeerterrein plaasgevind.
Hierdie keer is dit heel anders, met die baan wat deur en om die bekende Strip uitgelê is.
Soos mens sou verwag, is die wedloop se opbou gevul met opwinding en hope vuurwerke.
Daar mag egter meer drama op die baan wees aangesien koue weer heelwat ongelukke tot gevolg kan hê, en die baantemperatuur tydens Sondag se wedren word op sewe grade Celsius geskat.
Kwalifikasie op Saterdag is vir 10vm vasgemaak en die wedren op Sondag skop om 8vm af, so stel daardie wekkers!
Die aksie sal regstreeks op DStv-kanaal 215 te sien wees.
Op die foto hierbo: Indië by die Krieketwêreldbeker
Bron: X