‘n Tragiese voorval het op 5 November tydens die Springbokke se oorwinningsparade in Oos-Londen plaasgevind, wat gelei het tot die dood van ‘n jong universiteitstudent, Minentle Noqhamka.
Minentle, ‘n 20-jarige van Mbizana en student aan die Universiteit van Fort Hare, het Dinsdag in Frere Hospitaal aan haar beserings beswyk.
Volgens haar pa, Sithembiso Noqhamka, het Minentle aanvanklik na die Oos-Londen sentrale sakekern gegaan vir inkopies, maar het by die skare aangesluit wat voor die stadsaal vergader het om die Springbok vierings te aanskou.
In ‘n skokkende wending is sy deur ‘n polisie-njala raakgery, wat haar bene ernstig beseer het.
“Sy is deur ‘n polisie-nyala teen haar bene getref. Haar linkerbeen is dadelik by die hospitaal geamputeer,” het Sithembiso gesê.
“Dit is baie hartseer vir ons as gesin. Ons probeer steeds om daarvan sin te maak.”
Die ongeluk het gelei tot die amputasie van haar linkerbeen maar ten spyte van mediese pogings is Minentle in die hospitaal oorlede.
Die Noqhamka-gesin is diep hartseer en sukkel om die verlies te hanteer.
Die familie, vriende en die universiteitsgemeenskap betreur die ontydige heengaan van Minentle, wie se lewe op so ‘n tragiese wyse kortgeknip is.
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: Springbokke se onlangse segetoer
Bron: Springbokke