Koning Charles het die gesogte Orde van die Britse Ryk (OBE) aan John Kani – ‘n ikoon van Suid-Afrika se kultuurgeskiedenis – toegeken.
Die Britse Hoë Kommissaris in Pretoria, Antony Phillipson, het die toekenning aangekondig as ‘n “uiters welverdiende” huldeblyk aan Kani se roemryke 60 jaar lange loopbaan as akteur, skrywer, regisseur en dramaturg.
Kani se ryk geskiedenis is tydens die geleentheid erken: van ‘n beskeie begin in New Brighton, Port Elizabeth (nou Gqeberha) tot by die filmstelle van Hollywood – mees noemenswaardig sy rol as Koning T’Chaka in Black Panther.
Sy kunstenaarskap in Kunene and the King is veral deur Phillipson geprys, wat vertel het watter voorreg dit was om ‘n onlangse optrede by te woon.
‘n Dankbare Kani het gesê hy is “diep ontroer” deur die internasionale erkenning.
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: John Kani
Bron: X