Thor hang sy hamer op

Thor Vermeulen

Deur Lucky Vince Pienaar

Die bynaam ‘Thor’ is nie net ‘n teken van die toegeneentheid wat ondersteuners en sy mede-spanlede vir hom voel nie, maar ook ‘n huldeblyk aan die man wie se blote teenwoordigheid op die veld ontsag en respek afgedwing het.

Dit is gepas dat sy laaste veldtog vir die Springbokke tussen die voorspelers en as agtsteman was. In ‘n taai klomp ouens wat die “bomb squad” ingesluit het, is hy as een van die taaistes beskou.

Wanneer kommentators praat oor die Springbokke se sogenaamde “angswekkende” voorspelers, is Vermeulen een van die manne wat dié titel van meet af verdien het.

SA Rugby-president Mark Alexander het hom beskryf as een van die ware “harde manne” van Suid-Afrikaanse rugby.

“Hy was nie net ‘n formidabele krag vir die Springbokke nie, maar ook ‘n veelvlakkige speler wat deurentyd sy beste gelewer het,” het Alexander gesê.

“As iemand wat verkies het om buite die kollig te werk, was Duane een van daardie spelers wat nooit met tweede beste tevrede was nie, en altyd alles wat hy het vir sy span sou gee.”

Vermeulen hou die rekord vir die Nr. 8 Springbok wat die meeste op die veld uitgedraf het, en het aan twee wêreldbekers deelgeneem wat albei deur die Springbokke gewen is.

Vermeulen het sy provinsiale buiging gemaak by die Pumas – die tuisspan van Mbombela, waar hy gebore is.

Hy het noue bande gesmee met die destydse Vrystaat-afrigter, ene Rassie Erasmus, toe hy in 2009 Bloemfontein toe is. Hy het Rassie na Kaapstad gevolg en is sedertdien nog altyd op die toneel.

Thor sal as goue maatstaf dien vir Nr. 8s vir nog vele dekades wat kom.

Op die foto hierbo: Duane ‘Thor’ Vermeulen

Bron: Springbokke