Bongi het ‘n appeltjie te skil

Bongi

Deur Lucky Vince Maree

Dit het nogal gebruiklik geword dat die Springbokke as ‘n span en as individue allerhande kwessies vredeliewend benader, van skeidsregtersbesluite tot spelerbeserings.

Nou het Bongi Mbonambi uiteindelik na vore gekom om die rugbywêreld te laat weet wat hy voel oor Tom Curry se klagte dat Bongi hom ‘n “wit k***” genoem het – en hy is beslis nie op die bek geval nie.

In ‘n onderhoud met die BBC het hy gesê Engeland was onprofessioneel, vermoedelik in ‘n verwysing na die Engelse Nasionale Rugbyunie.

“Dit is ‘n hartseer ding as jy in ‘n eerstewêreldland woon en dink die res van die wêreld praat Engels,” het hy gesê.

“Dit was onprofessioneel van hul kant af.”

Hy het gesê hulle kon ‘n woordeboek op ‘n webwerf gevind het en ‘n vertaling gesoek het.

“Mense in Suid-Afrika het verstaan, maar hul kant het verkeerd verstaan.”

Bongi het dit ook duidelik gemaak dat hy nooit op Curry gevloek het nie en die Afrikaanse woord “kant” (“side”) gebruik het.

Wêreldrugby het Curry se amptelike klag van die hand gewys en Mbonambi was toegelaat om in die Wêreldbeker-eindstryd te speel, maar is in die tweede minuut van die wedstryd beseer en kon nie voortgaan nie.

Engeland Rugby het agter hul speler gestaan ​​en hul misnoeë uitgespreek oor die beledigings wat Curry en sy gesin op sosiale media moes verduur.

Hulle het ook nog nooit eens te kenne gegee dat Curry dalk verkeerd gehoor het wat Mbonambi gesê het of dat die betekenis “dalk tydens die vertaling verlore gegaan het nie”.

Op die foto hierbo: Bongi Mbonambi.

Bron: Springbokke