Die bus wat die Springbokke die naweek op hul trofeeparade in die Oos-Kaap vervoer het, was Maandagaand in ‘n dramatiese ongeluk betrokke.
Die bus het deur die reën gereis in Maletswai, voorheen Aliwal-Noord, toe sy remme onklaar geraak het terwyl ‘n T-aansluiting in Somersetstraat genader is.
Omstander Brian Heger het aan News24 gesê die groen bus het oor die pad geskiet soos ‘n Springbok wat na die doellyn duik. Dit het oor die nat pad gegly en in iemand se heining vasgejaag.
Gelukkig is niemand in die bus – die bestuurder, sy assistent en ‘n vroulike passasier – tydens die ongeluk beseer nie.
Geen lid van die Wêreldbeker-wenspan was op die bus nie.
Die provinsiale woordvoerder van die vervoerdepartement, Unathi Binqosi, het gesê: “Die bestuurder het beheer oor die bus verloor in nat en gladde toestande in Aliwal-Noord en die pad waarop hy gery het, was ‘n afwaartse soort helling. Toe hy remme aanslaan, het dit van die pad afgegly en privaat eiendom getref.”
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: Die Springbok Oos-Kaapse toerbus het in die erf van ‘n privaat huis vasger.
Bron: X