Deur Lucky Maree
Weereens het die Suid-Afrikaners sleg begin in die Verenigde Rugby Kampioenskap.
➤ Om die Glasgow Warriors in Glasgow te speel is ‘n moeilike taak in enigiemand se boeke, maar die Stormers moes beter gevaar het.
Die Warriors het hard gewerk om drie drieë te behaal, terwyl die Stormers daarvan werk gemaak het om twee geelkaarte te kry: Evan Roos was in ‘n woeste botsing betrokke, terwyl Joseph Dweba daarin geslaag het om ‘n outydse spiesvat uit te voer. Die aaklige Glasgow-weer het ‘n massiewe rol gespeel, en so sal dit lyk vir die res van die kampioenskap.
➤ Die Sharks se Phendulani Buthelezi het in die derde minuut gedruk teen die Ospreys in ‘n pragtige spanpoging. Niemand was verras nie, want die magtige Sharks sou ‘n wegholoorwinning teen die laer-rat Walliese span behaal, of hoe? Toe nie.
Die Osprey het drie drieë gedruk, waarvan twee verdoel is, terwyl die Sharks vir ‘n volle 75 minute rondgetjommel het.
➤ Gelukkig het die Bulle sewe drieë (drie daarvan in die laaste 10 minute) teen Zebre gedruk, wat die Suid-Afrikaanse spanne hul enigste oorwinning van die naweek besorg het.
Natuurlik is Zebre Parma van Italië een van die swakker spanne – en hulle het vier drieë gedruk – maar die oorwinning was nietemin oortuigend.
➤ Die Leeus was ongelukkig om hul eerste twee wedstryde met klein marges te verloor, maar daar is verwag dat hulle Benetton in Italië sou klop.
Die Leeus het ‘n mate van inbors getoon (soos in vorige weke) en het gelykop getrek teen 10-10, maar Benetton het daarin geslaag om ‘n tweede drie te druk in ‘n wedstryd wat sonder drif deur beide kante aangepak is.
Glasgow Warriors (3 drieë) 20-9 (0 drieë) Stormers
Ospreys (3 drieë) 19-5 (1 drie) Sharks
Bulle (7 drieë) 54-29 (4 drieë) Zebre Parma
Benetton (2 drieë) 15-10 (1 drie) Leeus
Op die foto hierbo: Die Bulle het darem die afgelope naweek kon wen
Bron: X