Deur Lucky Maree
Rassie Erasmus sal nie maklik sy 51ste verjaardag op 5 November 2023 vergeet nie.
As hy nog 50 jaar leef, sal dit steeds moeilik wees om hierdie jaar te oorskadu.
Die afgelope agt weke het hy en Jacques Nienaber die Springbokke na ‘n vierde Wêreldbeker-oorwinning gelei.
Tussen hom en Nienaber het hulle ‘n moeilike pad moes aandurf tot by die eindstryd, met ‘n wen teen Skotland en nederlaag teen Ierland. Oor die volgende drie naweke klop hulle toe vir Frankryk, Engeland en Nieu-Seeland en, soos ons almal deeglik bewus is, met een punt elk in aldrie gevalle.
Miskien sal hierdie Wêreldbeker in die toernooi se geskiedenis onthou was as die moeilikste wat enige land nog ooit moes verduur.
En dit was nie asof gebeure van die veld af dit makliker gemaak het nie. As beserings ‘n aanduiding is, onthou dat Lukhanyo Am beseer is voor sy vertrek na Frankryk, terwyl Malcolm Marx en Makazole Mapimpi so ernstig seergekry het dat hulle na Suid-Afrika moes teruggekeer.
Die twee afrigters en die senior spelers kan terugkyk na ‘n meesterlike vertoning van strategie en taktiek – soveel so dat baie van die ander spanne en afrigters geween en die tande gekners het, met aantygins van vuilspel.
Maar die Wêreldbeker is verby en die trofee is terug in Suid-Afrika.
Tog kry mens die gevoel dis nog lank nie verby vir Erasmus nie.
Nienaber is op pad na Leinster en Erasmus, vir die voorsienbare toekoms, sal aanbly as Suid-Afrikaanse direkteur van rugby, maar dit is al wat ons weet.
Wat hy nog in die mou voer kan niemand voorspel nie. Ons kan net kyk en uitsien na wat hy volgende gaan aanvang.
Op die foto hierbo: Rassie Erasmus saam met sy 83-jarige ma
Bron: X