Dit is nie elke dag dat ‘n Halloween-kostuum erkenning ontvang van die betrokke celeb nie. Maar die uitrustings wat deur Suid-Afrikaanse kunstenaar Tyla se wêreldwye treffer ‘Water’ geïnspireer is, het die sanger laat regop sit. Sy het selfs die TikTok-video van die kostuum gedeel.
Die dansuitdaging vir die trefferliedjie het opslae op sosiale media gemaak, en twee vriende van Chicago het besluit om die musikale sensasie na te aap met hul unieke Halloween-kostuums.
Jessica Kunamalla en haar vriendin het nogal ‘n groot indruk gemaak met hul kreatiwiteit.
Jessica het aangetrek soos Tyla self, met ‘n vleeskleurige vloeiende bostuk soortgelyk aan die sangeres se styl.
Haar vriendin het haarself as ‘n bottel Fidji-water vermom, met kleefplastiek en ‘n noukeurig-geplaasde logo om die voorkoms te voltooi.
Die duo se TikTok-video het gewys dat hulle ‘n jorl gehad het met die ikoniese ‘Water’ danspassies – hulle het selfs gemaak of hulle uit die ‘waterbottel’ drink.
Die video het vinnig Tyla se aandag getrek, en haar treffende opmerking was eenvoudig: “No ways.“
Die kreatiewe kostuums is verder uitgelig toe ‘n platform vir Tyla se aanhangers (@for_tyla) die TikTok-video op X herpos het om hul genot en waardering te deel.
Tyla self kon nie anders as om die plasing te te versprei nie en het haar aanhangers aangemoedig om aan te hou huts en soortgelyke inhoud haar kant toe te stuur.
Die aanhangers en volgelinge was so in hul noppies met die storie dat hulle hul na verskeie sosiale media-platforms gewend het om reaksies te deel.
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: Die Tyla-geïnspireerde Halloween kostuums
Bron: X