Die Bokke is veilig tuis

Welcome back, Boks!

Deur Dylan Bettencourt

Die Springbokke het Dinsdagoggend op eie bodem aangeland met ‘n massiewe skare wat hulle verwelkom het.

Die Wêreldbeker-wenspan het deur die hekke ingestap en hulle vasgeloop in talle vreugdevolle Suid-Afrikaners wat oorstelp was om te sien hoe hul span die Web Ellis-trofee omhoog hou.

Ná die deurloop by die lughawe het die span omstreeks middagete ‘n perskonferensie gehou.

Een aanhanger het gesê: “My meisie was op dieselfde vlug as die Bokke. Ek het vir haar blomme gekoop, maar as ek hom eerste sien kry Kaptein Kolisi dalk die ruiker.”

Die Springbokke is Dinsdag omstreeks 11vm verwag, maar dit het Suid-Afrikaners nie gekeer om vroeg by die lughawe aan te kom en die verwelkomingsparty af te skop nie.

Sommige aanhangers het beweer dat hulle sedert 7.30 Maandagaand op die lughawe was!

Die reënweer het nie verhinder dat yslike skares na die lughawe gestroom het met bordjies en plakkate wat die nasionale rugbyspan prys nie.

Om die vieringe aan te help het Gautrein gratis ritte vir passasiers na die lughawe en terug aangebied, solank hulle sonder bagasie was en enige van die Springbokkleure gedra het.

President Cyril Ramaphosa het Maandagaand aangekondig dat die 15de Desember ‘n openbare vakansiedag sal wees om die Springbokke se sege te vier.

Op die foto hierbo: ‘n Skermskoot van die verwelkomingsparty

Bron: SA Regering