‘Bomb Squad’ kry vrye teuels maar beker gaan by Manie verby

Handre in, Manie out

Deur Lucky Maree

Jacques Nienaber en Rassie Erasmus het gekies om weer daardie bankie 7/1 te verdeel, wat bewys dat hulle die wedstryd na die All Blacks toe sal vat met die voorspelers.

Deur dit te doen loop hulle die risiko om nie ‘n toegewyde tweede losskakel te hê nie, aangesien Manie Libbok die wedstryd van die pawiljoen af sal kyk. As iets onverwags met Handré Pollard gebeur sal dit ‘n ernstige herskommeling van die agterlyn verg om die saak reg te stel.

Bespiegeling dat van verlede week se reserwes in die aanloopspan sal optree, is intussen verkeerd bewys.

Om die reserwes vroeg op te bring laas week het beteken dat ‘n speler soos Eben Etzebeth ‘n korter wedstryd gehad het, wat Saterdag belangrik kan wees.

Die weervoorspelling vir Saterdag het die hele week dieselfde gebly: reënbuie heeldag met lae temperature en ‘n redelike sterk wind – nog ‘n rede waarom die Springbokke die taaiste moontlike voorspelers benodig.

1 Steven Kitshoff, 2 Mbongeni Mbonambi, 3 Frans Malherbe, 4 Eben Etzebeth, 5 Franco Mostert, 6 Siya Kolisi (k), 7 Pieter-Steph du Toit, 8 Duane Vermeulen, 9 Faf de Klerk, 10 Handre Pollard, 11 Cheslin Kolbe, 12 Damian de Allende, 13 Jesse Kriel, 14 Kurt-Lee Arendse, 15 Damian Willemse

Plaasvervangers:

Deon Fourie, Ox Nche, Trevor Nyakane, Jean Kleyn, RG Snyman, Kwagga Smith, Jasper Wiese, Willie le Roux

Op die foto hierbo: Handré Pollard

Bron: Springbokke