Proteas slaat Engeland uitmekaar

Proteas obliterate England

Deur Razeen Gutta

Heinrich Klaasen en Marco Jansen was hoofseuns in Suid-Afrika se IKR Krieket Wêreldbeker-oorwinning oor Engeland – wat onder yslike druk verkeer tydens hul jaar as die toernooi se titelverdedigers.

Nadat hulle Suid-Afrika eerste laat kolf het in Moembaai, het Engeland vroeg toegeslaan en in die eerste boulbeurt van Quinton de Kock ontslae geraak.

Maar toe Rassie van der Dussen (60) en Reeza Hendricks (85) in die middelorde aan die gang gekom het, was daar geen manier om die Proteas terug te hou nie.

Aiden Markram het die span in die afwesigheid van Temba Bavuma gelei en 42 lopies behaal voordat Klaasen (109) en Jansen (75) hul span tot 399/7 in hul 50 boulbeurte gedu het.

Jansen het ook met die bal sy stempel afgedruk deur twee keer met groot spelers in die kragmeting af te reken: Dawid Malan en Joe Root was sy slagoffers.

Gerald Coetzee was die keur van ons boulers, met sy 3/35 wat die Proteas gehelp het om Engeland in 22 beurte vir net 170 uit te boul.

Suid-Afrika het vinnig aanbeweeg na hul skoknederlaag teen Nederland en dit was dalk die perfekte tyd om so te maak.

Hulle is Dinsdag weer in aksie teen Bangladesj.

Die toernooi se twee onoorwonne spanne speel Sondag in Dharamsala, met gasheer Indië wat Nieu-Seeland die stryd aansê.

Op die foto hierbo: Heinrich Klaasen

Bron: @ProteasMenCSA