Die naam van Gaza se grootste hospitaal, Dar Al Shifa, word vertaal as ‘huis van genesing’.
Met meer as 40,000 mense wat op sy terrein saamdrom om skuiling te soek teen die voortdurende Israeliese lugaanvalle, is daar egter baie min genesing aan die gang.
Duisende stroom elke dag die hospitaal binne, en nie net die gewondes nie. Sommige land daar aan nadat hul huise deur ‘n lugaanval vernietig is, maar die meeste kom omdat dit gesien word as die veiligste plek is om te wees.
Hele gesinne word gedwing om te slaap waar hulle ookal ‘n plekkie kan vind, selfs tussen siekbeddens of ingeprop êrens binne die hospitaal se gronde.
Imm Ahmad Abu Ateina, 60, het aan Al Jazeera gesê dat sy saam met haar dogters en kleinkinders – altesaam 20 mense – uit haar huis gevlug het.
“Waarheen anders kan ons gaan?” vra sy. “As ek die hospitaal sou verlaat, waar sou ek met my kinders heen gaan?
“Ons het nie tyd gehad om ons besittings bymekaar te maak haal nie,” het sy gesê. “Ons het op ‘n kombers op die vloer geslaap.”
Nadat Hamas-militante verlede week deur die grens gebreek en meer as 1,400 Israeli’s vermoor het, het Israel vinnige en meedoënlose vergelding beloof.
Die staat het ‘n “volledige beleg” van Gaza beveel en voorrade van water, voedsel en brandstof afgesny. Die stad se hoofkragstasie is afgeskakel; nou gebruik Shifa se personeel hul laaste oorblywende voorraad brandstof om kragopwekkers aan die loop te hou.
Toe Israel die 1.1 miljoen inwoners van die noordelike Gasa beveel het om suid te vlug, het die Wêreldgesondheidsorganisasie dit ‘n “doodsvonnis” vir die gebied se pasiënte genoem. Shifa is een van die hospitale wat geweier het om te beweeg.
“Ek het gisteraand op ‘n operasiekamer se tafel geslaap,” het professor Ghassan Abu-Sittah aan The Guardian gesê.
“Mense is absoluut doodbang, en daarom dink hulle dit is die veiligste plek.”
Hy het gesê hulle het geen kos of water om aan die skare mense te gee nie.
“Die opeenhoping gaan tot ‘n uitbraak van aansteeklike siektes lei. Daar is ‘n dreigende openbare gesondheidsramp by Shifa-hospitaal,” het hy gesê.
En dit is net die lewendes.
Die hospitaal se lykshuis is tot barstens vol nadat Israel die stad begin aanval het. Aanvanklik moes lyke by die instapvrieskas opgestapel word. Toe moes hulle na die parkeerterrein geskuif word, toe na die tente wat vir lewende pasiënte gereserveer is – en uiteindelik is lyke buite in die ooptes gelos.
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: Ongeveer 40,000 inwoners van Gaza het by die stad se grootste hospitaal, Dar Al Shifa, saamgetrek
Bron: X