➤ ‘n Fees van spiere en spoed wag op rugbygeesdriftiges wanneer Rugby Wêreldbeker 2023 tot ‘n vlymskerp punt kom.
Agt spanne, vier wedstryde – en net die dapperste wedders sal met selfvertroue enige van die uitkomste voorspel.
Vir die oomblik kan ondersteuners uitsien na van die beste rugby wat hulle ooit sal sien.
Die aweregse trekking is ‘n kwessie sedert die Wêreldbeker-rugbytoernooi begin het en soos dit uitgewerk het, is die twee vroeë wedstryde (een Saterdag, die ander op Sondag), soos opwarmvermaak vir die hoofwedstryde later die aand.
Wallis word bo Argentinië gepeil, maar Wallis sal hul beste wedstryd moet bring om die robuuste Los Pumas te klop. Net so word verwag dat Engeland vir Fidji sal klop, maar Engeland lyk nie op hul beste nie en gaan sukkel om die Fidjiaanse fisiekheid te hanteer.
Beide Ierland en die All Blacks is dikwels daarvan beskuldig dat hulle op die verkeerde tyd ‘n hoogtepunt bereik het. Wel, hierdie keer het albei spanne die topspel teiken op presies die regte oomblik getref. Ierland is skrapse gunstelinge, maar in werklikheid is dit eenvoudig te naby om te voorspel.
Hoe sal 15 Springbokke die 60,000 sissende, boeënde, ongeskikte Franse ondersteuners by die Stade de France hanteer? Rassie Erasmus en Jacques Nienaber sal baie bewus wees van daardie uitdaging en sou hul span daarop voorberei het – en hulle sal hul spelers herinner dat 60 miljoen Suid-Afrikaners by die huis hulle longe aan’t uitskrou is.
Alle wedstryde sal regstreeks op DStv vertoon word.
Wallis teen Argentinië Saterdag om 5nm.
Ierland teen Nieu-Seeland Saterdag om 9nm.
Engeland teen Fidji Saterdag om 5nm.
Frankryk teen Suid-Afrika Sondag om 9nm.
➤ Sokkergewys is dit die internasionale pouse, maar moenie mismoedig word nie want daar is ‘n magdom wedstryde wat die moeite werd kan wees.
Vanaf Vrydag pak Nederland vir Frankryk om 8.45nm in hul Euro-kwalifiseerder, maar voor dit verwelkom Bafana Bafana vir Eswatini in ‘n vriendskaplike wedstryd om 7nm.
Dit mag Saterdag die moeite werd wees om die TV aan te skakel om te kyk hoe Duitsland om 9nm die VSA in ‘n vriendskaplike wedstryd aanvat.
Sondag pak Noorweë vir Spanje om 8.45nm in die wedstryd van die dag.
Al die aksie sal regstreeks op DStv-kanale 202 en 203 te sien wees.
➤ In Krieketwêreldbeker-aksie sal Nieu-Seeland Vrydag vir Bangladesj die stryd aansê, voor Saterdag se reusagtige kragmeting tussen Indië en Pakistan.
Sondag se aksie betrek Engeland en Afghanistan.
Alle wedstryde begin om 10.30vm en word regstreeks op DStv-kanaal 212 uitgesaai.
Op die foto hierbo: Die Springbokke.
Bron: X