Toilet is geen tekstroon nie!

Toilet texting

Vir diegene wat gedog het om op jou foon rond te blaai terwyl jy op die toilet sit is net ‘n onskuldige multi-taak tydverdryf, dink weer!

‘Troonfoongewoontes’, volgens ‘n nuwe gesondheidswaarskuwing, kan meer probleme veroorsaak as wat jy jou kan voorstel.

Dr Saurabh Sethi, ons gastro-kenner van die oomblik, het onlangs ‘n bom laat bars: te veel toilet-en-teks tyd kan onnodige stremming veroorsaak daar waar die son nie skyn nie. Ja, ons praat oor potensiële gesondheidsprobleme soos aambeie en ander rektale kwale.

Ons is almal lief vir ‘n bietjie telefoontyd in ons privaat oomblikke. Dis mos die moderne manier van mens se koerant badkamer toe vat, of hoe?

Dan het ons nog nie eers die kieme bespreek nie. Ons fone is reeds bakteriële brandpunte, en om dit toilet toe te bring kan dalk net vet op die vuur gooi, het The Guardian berig.

So volgende keer as jy oorweeg om op te vang met jou groepkletse of deur memes in die badkamer te blaai, dink twee keer.

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: ‘n Vrou lees haar foon op die toilet