Doeane steek stokkie voor kameelperd(k@k)kuns

Kuns met kameelperddrolle

Doeane-agente by Minneapolis se Saint Paul Lughawe moes ‘n boks kameelperdmis konfiskeer, alles te danke aan ‘n dame met ‘n unieke sin vir mode.

Die vrou, van Iowa, het na Kenia gereis en het gehou van die idee om kameelperdmis in ‘n halssnoer te verander.

Sy ag haarself as juwelierswareliefhebber en het al voorheen elkmis in ‘n modebykomstigheid omskep.

Toe sy op 29 September in Minnesota geland het, het sy haar klein boksie as “skatkis” verklaar.

Haar planne om ‘n halssnoer te maak is egter in die kiem gesmoor toe Amerikaanse Doeane en Grensbeskerming daarvan uitvind.

Jy dink dalk: “Wat is die skade in ‘n hopie poef?” Kameelperdmis kan inderwaarheid die VSA binnegaan, maar slegs as dit vergesel word van die regte permitte, en na noukeurige inspeksies.

Gelukkig het die skepper van juweliersware geen boetes gekry nie, aangesien sy haar ontlastingsvonds gewillig aan doeane-agente oorhandig het. Hulle het vinnig die vernietiging daarvan bevestig, het Sky News berig.

LaFonda D Sutton-Burke, ‘n doeane-direkteur, het die gesondheidsrisiko’s beklemtoon en gesê: “Die vervoer van fekale materiaal hou werklike gevare in. Sonder behoorlike kontrole is daar ‘n hoë risiko van siektes wat potensieel verwoesting kan saai.”

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: ‘n Vrou wat ‘n halssnoer van kameelperddrolle wou maak

Bron: Gegenereer deur KI-instrument Midjourney