Tannies in blaarryke Jo’burg buurte leer toyi-toyi

Watertenks in Joburg se gegoede buurte

Deur Zukile Majova

In die bestek van slegs sewe dae het die boomryke voorstede van Johannesburg-Noord ‘n 15-uur wateronderbrekingswaarskuwing, ‘n 36-uur kragonderbreking en ‘n 18-uur onderbreking beleef.

Die Stad Johannesburg, wat sukkel om veilige, skoon drinkwater aan baie gemeenskappe in meer behoeftige nedersettings te waarborg, het nou ook watertoevoer in ryk voorstede opgeskort.

Sommige gemeenskappe het vir twee maande nie ‘n konstante vloei van gepypte water gehad nie.

Woensdagaand verlede week was die inwoners van Craighall, Craighall Park, Linden en Blairgowrie van 10nm in donker gehul. Die kragtoevoer is eers Vrydagmiddag herstel.

Wat City Power ‘n “foutlokasie” noem, het 36 uur geneem om reg te maak; dit het die afelope Woensdag weer gebeur en vir 18 uur geduur.

Dié keer het die inwoners hulself behoorlik gepof. Hulle het ‘n massiewe betoging via WhatsApp en telefoonoproepe na City Power van stapel gestuur, gevolg deur ‘n stortvloed van e-posse met klagtes aan die kliëntedienssentrum.

Eienaars en verhuurders van eiendom het ‘n beroep gedoen op diegene wat hul huise en woonstelle huur om meer klagtes individueel by City Power in te dien deur hul meternommers te gebruik.

Dit was vir my fassinerend, want in KwaBhaca in die Oos-Kaap waar ek vandaan kom, protesteer ons nie – teen die tyd weet ons niemand gee om nie.

Hierdie voorstedelike strategie is ook ver verwyder van die modus operandi in swart townships waar mense ou bande bymekaarmaak, dit aan die brand steek, en die paaie met groot klippe en swaar takke versper.

Van die taalgebruik in die WhatsApp-groep was dit duidelik dat meeste van die inwoners briesend is. Sommige het gekla oor kos in hul yskaste wat bederf.

My grootste frustrasie het drie uur ná die kragonderbreking ingeskop toe my klein Gizzu wi-fi rugsteunbattery uitgeput was. Dit is dikwels genoeg om die normale twee uur lange beurtkrag – nou die norm in SA – te dek.

Ek het ‘n groter rugsteunbattery in die geval van Fase 4-6. Natuurlik hou niks vir 36 uur sonder krag nie.

Soos die digitale bombardering en frustrasie van die dames voortwoed, het ek my gedagtes laat gaan na inwoners van Diepsloot wat daagliks die strate invaar, bande brand en die paaie versper.

Dit val als op dowe ore.

En noudat die verbrokkelende infrastruktuur, kragonderhoud van elektrisiteitsubstasies, waterpypleidings en kabeldiefstal die topmiddelklashuise bereik het, hoe lank sal dit neem vir die stille protes om tot ‘n straatprotes oor te gaan?

Ek woon al 30 jaar in dorpe wat deur die ANC bestuur word, sp het al erger gesien. Ongelukkig glo my bure in Craighall Park steeds dat hul tekste, e-posse en telefoonoproepe ontvang gaan word deur ‘n regering wat omgee.

En ek glimlag so bietjie met die wete dat hulle vir die eerste keer sal verstaan ​​hoekom die townships brand.

Op die foto hierbo: ‘n Watertenklorrie diens huise in Joburg se ryker buurte