Deur Everson Luhanga
Die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaadeenheid, met behulp van ‘n Pretoriase Forensiese span, het ‘n geheime dwelmlaboratorium by ‘n huis in Secunda ontmasker.
Woordvoerder Kaptein Dineo Lucy Sekgotodi het gesê die span het inligting wat ontvang is rakende die laboratorium bevestig voordat ‘n lasbrief vir deursoeking en beslaglegging Woensdag goedgekeur en uitgevoer is.
Sekgotodi het gesê tydens die optrede is daar beslag gelê op vervaardigingstoerusting en chemikalieë vir verdere ondersoek.
Een verdagte is terseltertyd in hegtenis geneem.
Sy het gesê die owerhede het beslag gelê op vier batterye (die grootte van motorbatterye), 25-liter en 50-liter silinders, pype, draad, twee sakke dagga wat meer as 100kg weeg, droë dagga, hidroponiese dagga en 12 bokse ongebruikte spuite.
“Die owerhede het ook beslag gelê op 30 los spuite met naalde wat ‘n olierige vloeistof bevat, vyf 200g bottels wat ‘n swart stof bevat, en ander toerusting soos watteballetjies, ‘n klein weegskaal, slypmasjiene, ongebruikte haelpatrone en chemikalieë,” het sy gesê.
Die waarde van hierdie items sal bepaal word sodra die ondersoek afgehandel is.
Die beskuldigde moes vandag (5 Oktober) voor die Secunda-distrikshof verskyn.
Op die foto hierbo: Van die dagga waarop beslag gelê is
Bron: Verskaf