➤ Vir een keer, en net hierdie een keer, sal die hele Suid-Afrika vir Ierland ondersteun om Skotland dié Saterdag te klop.
Dis die laaste poelwedstryd in Poel B wat, met goeie rede, as die Loot van die Dood beskryf is.
Die permutasies behels meer “maar wat gebeur as…” as wat jy jou kan voorstel, maar dit kom alles neer op een belangrike dog eenvoudige vraag: Kan Skotland vir Ierland klop? As Ierland wen, is Skotland se toernooi verby, en dring Suid-Afrika en Ierland deur na die kwarteindronde toe.
En Skotland kan onmoontlik vir Ierland klop. Wel, hulle kan nie, kan hulle? Verwag van die hele Mzansi om “Kroek!” te skree as Skotland sou wen. Dit gaan ‘n lang wag wees tussen nou en Saterdagaand omstreeks middernag.
Ierland, laat waai!
Daar is klomp ander (minder stresvolle) wedstryde wat die moeite werd is om te kyk. In gistraand se veldslag het Nieu-Seeland vir Uruguay met 73-0 gestraf. Maar sal Frankryk vir Italië vernietig soos die All Blacks dit gedoen het?
Beide Wallis teen Georgië en Engeland teenoor Samoa kan verrassings verskaf, en Japan mag dalk net vir Argentinië uit die veld slaan – in elke sin van die woord.
Alle wedstryde word regstreeks op DStv vertoon.
Frankryk teen Italië Vrydag om 9nm.
Wallis teen Georgia Saterdag om 3nm.
Engeland teen Samoa Saterdag om 5.45nm.
Japan teen Argentinië Sondag om 1nm.
Tonga teen Roemenië Sondag om 3.45nm.
Fidji teen Portugal Sondag om 9nm.
➤ Daar is weer een uitstaanwedstryd in die Premierliga hierdie naweek, wanneer Manchester City Sondag teen Arsenal te staan kom.
Ten spyte van die feit dat dié twee verlede seisoen in eerste en tweede plek geëindig het, is daar reeds soveel op die spel in hierdie wedstryd, hierdie seisoen.
Arsenal is een van twee onoorwonne spanne in die liga terwyl Manchester City hul wedstryd teen Newcastle verlede naweek verloor het.
Burnley speel Saterdag om 4nm gasheer vir Chelsea, terwyl Manchester United terselfdertyd teen Brentford te staan kom.
Brighton sal Sondag om 3.30nm vir Liverpool ontvang voor die reusagtige kragmeting tussen City en Arsenal om 5.30nm.
Al die aksie sal regstreeks op DStv-kanaal 203 te sien wees.
➤ Die Proteas skop Saterdag hul Wêreldbeker eendagtoernooi vir mans in Indië af met ‘n kragmeting teen Sri Lanka, wat om 10.30vm begin, regstreeks op DStv-kanaal 201.
➤ Die MTN8-eindstryd tussen Mamelodi Sundowns en Orlando Pirates vind Saterdag om 6nm plaas, waar die eerste silwerware in Suid-Afrika regstreeks op DStv-kanaal 202 gewen gaan word.
➤ Max Verstappen mag Saterdag sy derde opeenvolgende wêreldkampioenskap wen, met die Formule Een-sirkus wat tent opslaan in Katar. Saterdag se blitsren om 7.30nm kan weer vir die Nederlandse jaer die titel in die sak bring. Die hoofwedren is Sondag om 8nm. Al die bandbrand-aksie sal regstreeks op DStv-kanaal 215 te sien wees.
Op die foto hierbo: Reuse Springbokstut RG Snyman gee vir Ierland ‘n drukkie om die hele Suid-Afrika se onthalwe
Bron: Springbokke