Deur Lucky Maree
Die hele span se gemoed het gelig toe Lukhanyo Am Woensdag op die oefenveld in Toulon gehardloop het.
Terwyl Springbok-kaptein Siya Kolisi sy oefensessie onderbreek het om Am met ‘n hartlike druk te verwelkom, het dit gelyk of die bui rondom die oefenveld oombliklik verbeter.
Dit is die uitwerking wat Lukhanyo Am op sy medespelers het en – nog belangriker – sy teenwoordigheid op die rugbyveld word deur almal gevoel.
Hy is nog altyd as ‘n uitstekende speler beskou. Daar is baie gevalle waar sy aangee ‘n buitesenter of ‘n vleuel in ‘n posisie geplaas het om punte aan te teken, maar sy bestuur van die agterspelers naby die voordeellyn is deurslaggewend in die Bokke se verdediging.
Afhangende van hoe dit met hom op die oefenveld gaan gedurende die volgende week, sal hy of die Springbokke se kwarteindstryd begin, of van die bankie af gekies word – dis nou as hy wel by die span ingesluit word.
Hy is na die groep ontbied nadat Makazole Mapimpi ‘n gebreekte wangbeen opgedoen het en uit die Wêreldbeker-toernooi gesluit moes word.
Am is wedstrydfiks verklaar, maar hy het nog geen wedstrydtyd gehad sedert die Springbokke in Augustus teen Los Pumas gespeel het nie. Of hy speel of nie, sy teenwoordigheid sal in die groep gevoel word – beide op en van die oefenveld af.
Op die foto hierbo: Lukhanyo Am
Bron: Twitter