Brianna Coppage, ‘n 28-jarige Engels-onderwyseres by St Clair Hoërskool in die platteland van Missouri, VSA, moes verlof neem nadat skoolbeamptes op haar OnlyFans-kanaal afgekom het.
Coppage het erken dat sy OnlyFans, ‘n webwerf vir inhoud wat hoofsaaklik deur sekswerkers gebruik word, ingespan het om haar $42,000 jaarlikse onderwysersalaris te verdriedubbel. Sy maak ‘n ekstra $8,000 tot $10,000 per maand op die aanlynplatform.
Gerugte het die rondte begin doen oor haar buitemuurse aktiwiteite; twee weke later het die skooladministrateurs eers opgetree.
“Dit was maar altyd ‘n wolk wat oor my kop gehang het,” het Coppage vertel, volgens AP.
Superintendent Kyle Kruse het aangekondig dat die distrik met ‘n regsadviseur gepraat het om die saak te ondersoek.
Alhoewel Coppage ‘n streng beleid gehandhaaf het om te verseker dat haar aanlynaktiwiteite apart van haar professionele omgewing bly – dat geen inhoud gemaak of gedeel is terwyl sy op die skoolperseel was nie – weet sy dat haar onderwysloopbaan waarskynlik agter die rug is.
“Ek is hartseer daaroor. Ek mis my studente,” het sy gesê.
Haar onderwysloopbaan is dalk verby weens die skandaal, maar Coppage het ‘n oplewing in OnlyFans-intekenare ervaar ná die nuus gebreek het.
Met ‘n nou verhoogde intekenfooi en verbintenis om voort te gaan met haar webwerf plasings, maak sy nie verskonings nie.
“Ek is nie spyt dat ek by OnlyFans aangesluit het nie. Ek dink nie sekswerk is ‘n skande nie,” het sy gesê.
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: ‘n Onderwyser