Dit was my brak agter die stuur, offisier!

‘n Man in Slowakye is beboet nadat foto’s onthul is van sy hond agter die stuur van ‘n motor wat te vinnig ry.

Die brak lyk kalm en heeltemal in beheer terwyl hy die spoedgrens met 11 kilometer per uur oorskry.

Verkeersbeamptes kon hul oë nie glo toe hulle die foto sien nie, want daar was geen mensebestuurder in sig nie.

Toe hulle hom egter opspoor, het hy glo vir hulle gesê dat hy eintlik die bestuurder van die voertuig is en sy hond het skielik op sy skoot gespring het enkele oomblikke voordat die kamera hulle afgeneem het.

Die verbysterde verkeerspolisie het hul ongelooflike storie op Facebook gedeel en geskryf dat hulle ‘n “bruin hond wat soet agter die stuur van ‘n Škoda sit” opgemerk het, volgens ‘n Engelse vertaling.

Hulle het voortgegaan om pret te hê met die storie en ‘n denkbeeldige gesprek tussen die hond en ‘n beampte beskryf.

In die stem van die polisie: “Meneer Hond, jy het die spoed in die dorp oorskry: jou bestuursdokumente, asseblief…”

“Jammer, ek het hulle nie byderhand nie,” blaf die hond.

“Wel, jy sal ekstra daarvoor betaal. Het jy hoegenaamd enigeiets?”

“Ek het niks niks nie!” antwoord die hond.

Die polisie het hul pos afgesluit deur lesers attent te maak op die belangrikheid van padveiligheid.

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: ‘n Hond met spoedlus agter die stuur

Bron: Facebook