Israel Adesanya sê dronkbestuur is onaanvaarbaar

Just say no to drunk driving

Deur Razeen Gutta

Die voormalige UFC-middelgewigkampioen Israel Adesanya het Sondag gereageer op ‘n klag van dronkbestuur wat teen hom in Auckland, Nieu-Seeland, aanhangig gemaak is.

Volgens The New Zealand Herald het die 34-jarige op 19 Augustus ‘n motor bestuur met 87 milligram alkohol per 100 milliliter bloed in sy stelsel – 37 milligram hoër as die Nieu-Seelandse wetlike perk van 50 milligram per 100.

Tydens ‘n verhoor het die Nieu-Seelander, wat in Nigerië gebore is, sy volgers om verskoning gevra vir sy “onaanvaarbare” optrede; hy sal in Januarie na die hof terugkeer vir vonnisoplegging.

“Ek is teleurgesteld dat ek besluit het om te bestuur. Dit was verkeerd. Ek weet mense volg my en ek wil hê hulle moet weet ek ag sulke gedrag as aanvaarbaar,” het hy aan BBC gesê.

“Ek wil die gemeenskap, my gesin en my span om verskoning vra vir die besluit wat ek geneem het om agter die stuur in te klim nadat ek met aandete gedrink het.”

Adesanya is laas in aksie gesien toe hy vroeër vandeesmaand sy middelgewigtitel aan Sean Strickland afgestaan het by UFC 293.

Op die foto hierbo: Israel Adesanya

Bron: @stylebender