F1: Red Bull kraai koning in Japan

Max again and again

Deur Razeen Gutta

‘n Dominante Max Verstappen het verseker dat Red Bull aaneenlopende konstrukteurstitels kon inpalm, aangesien die Nederlander verby McLaren se Lando Norris en Oscar Piastri gespoed het om nogeens die wennerslint in Japan te breek.

Die McLaren-duo het druk op die verdedigende dubbelkampioen gesit, aangesien die paar hom van binne en buite aangeval het in die aanloop na die eerste draai.

Die oomblik toe Verstappen sy voortou beklink het, was daar egter geen keer aan hom nie.

Norris het die tweede plek van sy spanmaat gegaps, terwyl Charles Leclerc vir Ferrari gelei het in vierde plek, met Lewis Hamilton vyfde.

Verstappen het nou ‘n voordeel van 177 punte op die puntelys bo spanmaat Sergio Perez. Hy weet dat ‘n oorwinning by volgende maand se Qatar Grand Prix hom nog ‘n kampioenskap in die sak sal bring.

“Ongelooflike naweek, om hier te wen is wonderlik,” het Verstappen ná die wedren gesê. “Die motor het baie goed op elke vlak gewerk, maar die belangrikste ding was om die konstrukteurstitel te wen. Daar was te veel wielspin met die wegspring, maar daarna was dit nogal ‘n reguit pad na die wenstreep toe. Ons ervaar ‘n ongelooflike jaar en ek is baie trots op almal.”

Op die foto hierbo: Max Verstappen

Bron: @Max33Verstappen