Almal is mal daaroor om van die huis af te werk, maar vir sommige brutale Britte beteken ‘WFH’ (work from home) ‘Working & Feeling Horny’ (dus: wellus kom voor werk).
Dis reg, mense. Terwyl jy dalk dink jou kollegas tik naarstigtelik op hul kompers se sleutelborde, kan een uit elke tien in werklikheid besig wees met bedsake gedurende die 9-5 werksure.
Danksy ‘n opname deur TonerGiant het ons nou ‘n beter idee van wat werklik agter daardie geslote Zoom-oproepe aangaan.
Terwyl baie mense maar net te bly is om nie rond te ry nie, hul tuisgebakte piesangbrood verorber en in sweetpakbroeke rondhang, geniet ander die *ander* voordele.
Waaghalsige Britte het die ondergenoemde erken oor handelinge wanneer hulle eintlik veronderstel is om te werk:
– 27%: Gesels met vriende of familie.
– 21%: Gebruik daardie groen vingers in die tuin.
– 20%: Doen skelm aansoek vir nuwe poste.
– 17%: Gaps ‘n middagslapie.
– 16%: Rekenaarspeletjies.
– 12%: Om ‘n sexy sessie in die kooi!
En die millennials (ouderdomsgroep 25-34) is die hupse voorbokke, het New York Post berig.
Stuart Deavall van TonerGiant het gesê: “Met die opkoms van enige-plek werk, meng Britte inderdaad hul werk- en, um, plesier-lewe.”
Dit blyk dat die term “werksbevrediging” vir party ‘n heel nuwe betekenis gekry het!
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: Wat skryf jy op daai skoothond, skone dame?