Die eindstryd voor die eindstryd

Bokke bo

➤ Vir die toegewyde rugbyondersteuner is daar nie minder nie as agt poelwedstryde om te ervaar in die derde ronde van die Rugby Wêreldbeker. Twee van hulle sal verby wees teen die tyd dat jy hier lees, maar nog ses word tussen Vrydagmiddag en Sondagaand gespeel.

Vir die meeste van ons is daar egter net die een grote…

Sommige ondersteuners sê die wedstryd tussen Frankryk en Nieu-Seeland was ‘n mini-eindstryd. Dit mag dalk so wees, maar Ierse en Suid-Afrikaanse ondersteuners sal die wedstryd tussen die Springbokke en Ierland wat Saterdag om 9nm op DStv-kanaal 201 vertoon word, as “wedstryd van die toernooi sover” beskou.

Daar is een belangrike onderskeid: Suid-Afrika het reeds teen Skotland gespeel en gewen, so daai jop is gedoen, maar Ierland moet nog oor twee weke vir Skotland aanvat.

Albei spanne weet dis ‘n moet-wen-wedstryd. Nie een van die twee sal hul vordering na die kwarteindronde in Skotland se hande wil laat nie.

Afhangende van na wie jy luister, sal die Springbokke “beslis” wen of die Iere “definitief”; die slim kommentators bly sê dit kan enige kant toe gaan. Wat ons wel weet is dat dit opwindend, moeilik en naelskraap gaan wees.

Ander Rugby Wêreldbeker-aksie op DStv-kanaal 201 sluit in:

Argentinië teen Samoa Vrydag om 5.45nm.

Georgië teen Portugal Saterdag om 2nm.

Engeland teen Chili Saterdag om 5.45nm.

Skotland vs Tonga Sondag om 5.45nm.

Wallis teen Australië Sondag om 9nm

➤ Die Premierliga het self spogregte op die spel, as jy ‘n blaaskans benodig van al daai skrums en drieë.

Geen sokkerwedstryd is hierdie naweek groter as gasheer Arsenal wat Sondag om 3nm vir Tottenham Hotspur aanvat nie.

Manchester City skop die naweek af met ‘n wedstryd teen Nottingham Forest Saterdag om 4nm, en Burnley speel om 9nm gasheer vir Manchester United.

Terwyl hierdie Noord-Londense derby plaasvind, sal Chelsea in aksie wees teen Aston Villa, en Liverpool teen West Ham – albei om 2nm.

Al die Premierliga-aksie word regstreeks op DStv-kanaal 203 uitgesaai.

➤ Formule 1 keer terug na Japan waar Max Verstappen verlede seisoen as kampioen gekroon is, en hoewel die Red Bull-span deurlopend oorheers het, sal die Nederlandse jaer nie hierdie keer die titel in Japan kan wen nie.

Hy kan dit egter volgende keer in Katar wen, maar sal oor verlede week se verleentheid in Singapoer moet kom met ‘n oorwinning om die Suzuka-baan.

Suid-Afrikaners wat die wedren wil kyk sal daardie Sondagoggend inlê moet prysgee, want die wedren begin reeds om 7vm. Stel daai wekkers!

Al die Formule 1-aksie sal regstreeks te sien wees op DStv-kanaal 215.

Op die foto hierbo: Die Springbokke in aksie

Bron: Springbokke