Die Bokke het niks te vrees nie

Fear nuffin' great Boks

Deur Andy Capostagno

Met al die inligting opgelewer deur twee rondes in hierdie Wêreldbeker-toernooi moet die eindstryd eintlik tussen Suid-Afrika se A en B spanne gespeel word.

Dit kan natuurlik nie gebeur nie, maar is ‘n manier om die krag in diepte van die verdedigende kampioene, en die slordige pogings van hul teenstanders, uit te lig.

Op die bewyse tot dusver aangebied is Ierland die enigste span wat hierdie Springbokke moet vrees – ‘n gelukkige toeval, aangesien hulle eerskomende Saterdag in Parys sal rendezvous.

Tog het Ierland nog net teen Roemenië (82-8) en Tonga (59-16) gespeel, en die skare by Stade de France sal eerste wees om uit te vind waar Dawid die wortels begrawe het.

Uit die Bokke se oogpunt kon dinge nie eintlik veel beter verloop het nie.

Hulle het ‘n totaal van drie punte in twee wedstryde afgestaan, wat hul 33-sterk span genoeg speeltyd gegee het om te verseker die masjien bly goed geolie. Boonop het Handre Pollard vandag (Maandag 18 September) by hulle aangesluit.

Die vervanging van ‘n beseerde haker (Malcolm Marx) met ‘n losskakel, sal voortgaan om Bok-kritici op hol te jaag. Wanneer daar besef word dat hulle nie op gelyke voet kan meeding nie, word daar maniere gesoek om die Bokke te ondermyn.

Of dit nou is om die bank te laai met te veel voorspelers, om diskoligte van die afrigtershokkie te skyn, of om rolle uit te ruil binne die span, Jacques Nienaber en Rassie Erasmus innoveer op maniere wat vandag gekritiseer en môre nageaap word.

Wat hul mededingers aanbetref, het die tweede ronde veral twee dinge duidelik gemaak.

Eerstens, sommige groot name (Nieu-Seeland, Engeland, Australië) lyk soos papiertiere as jy die oppervlak krap.

Tweedens was Wêreldrugby krimineel nalatig met die inbring van tweedevlaknasies.

Fidji se oorwinning van 22-15 oor Australië moes met meer punte gewees het. Uruguay was baie mededingend teen die Franse tweede span, en Portugal was in ‘n stadium van ontwikkeling soortgelyk aan Italië voordat hulle ‘n paar dekades gelede genooi is om deel te wees van die Sesnasies-kampioenskap.

Dit word by elke Wêreldbeker-toernooi gesê, maar dit maak dit nie minder waar nie; hierdie spanne moet behoorlik deur die beheerliggaam gerugsteun word, en nie slegs elke vier jaar vir ‘n maand in die kollig uitdraf nie.

Op die foto hierbo: Die Springbokke in aksie teen Roemenië.

Bron: Springbokke