Deur Razeen Gutta
Op ‘n super Sondag van eendagkrieket in verre uithoeke van die planeet het Suid-Afrika vir Australië in Johannesburg verslaan om die reeks met 3-2 te wen, terwyl Indië vir Sri Lanka met 10 paaltjies vernietig het om die Asiëbeker in Colombo te lig.
Ná ‘n nederlaag van 3-0 in die T20-reeks het die Proteas twee seges in die eendagreeks vermag. Die regte ritme is op die regte tyd gevind; en na vermaaklike wedstryde in Potchefstroom en Centurion was dit tyd vir ‘n eindstryd by die ‘BullRing’.
Australië het die gashere laat kolf; en nog ‘n 300-plus telling was aan die orde van die dag.
Speler van die Reeks Aiden Markram top het weer pandemonium veroorsaak met 93 van 87 balle, terwyl David Miller hom ondersteun het met ‘n goeie middelorde-vertoning van 63 toe hulle die beurt op 315/9 afgesluit het.
Die ster van die dag was Marco Jansen, die veelsydigheidspeler wat vyf paaltjies gevat het om by sy 47 lopies met die kolf te voeg.
Australië was uit vir 193 met 15 boulbeurte oor, seinde Suid-Afrika nou momentum opbou op pad na die Wêreldbeker-toernooi toe.
In die Asiëbeker-eindstryd het Mohammed Siraj die gesamentlike vinnigste vyf paaltjies in die geskiedenis gekry toe Indië die gasheer Sri Lanka geskok het deur hulle vir net 50 uit te boul.
Dasun Shanaka se span het nie geweet wat hulle getref het nie, aangesien hulle net 15 boulbeurte gekolf het voordat Indië hul totaal in ses beurte geëwenaar het – sonder die verlies van ‘n enkele paaltjie.
Australië sal binnekort na Indië toer vir die laaste reeks voor die ICC-byeenkoms. Die eerste van daardie drie eendagwedstryde vind plaas op 22 September.
Op die foto hierbo: David Miller en Aiden Markram
Bron: @ProteasMenCSA