Wêreldbeker week 2: Topspanne wys ware kleure

Johnny Sexton comes back

Frankryk wou dalk nie hê die wêreld moet dit weet nie – of dalk het hulle dit self nie besef nie – maar Les Bleus het ‘n ernstige probleem met hul tweede span.

Dit moet vir afrigter Fabien Galthié ‘n bekommernis wees dat Frankryk so vreeslik afhanklik is van skrumskakel Antoine Dupont.

Frankryk het Donderdag teen Uruguay glad nie soos ‘n Wêreldbeker-wenspan gelyk nie. Hulle het met net 27-12 en drie drieë gewen, en ‘n bonuspunt misgeloop.

Skrumskakel Maxime Lucu het ‘n heel goeie wedstryd gehad, maar hy is nie Dupont nie en Frankryk – tweede span of te nie – het glad nie beïndruk nie. As Les Bleus op enige van hul tweede-vioolspelers moet reken tydens ‘n belangrike wedstryd, gaan hulle sukkel.

En weereens het Frankryk hul voet van die pedaal afgehaal.

Sedert die heel eerste kragmeting teen die All Blacks lyk dit of hulle vir 15 tot 20 minute van die wedstryd aan die slaap raak. Om nie die volle 80 minute te speel nie, kan ‘n swak gewoonte word. Dit is ‘n ingesteldheid. Hulle moet begin om die volle speeltyd van elke wedstryd te benut, of hulle mag vind dat hulle gô uit raak wanneer dit saak maak.

Nieu-Seeland weet hoe om drieë te druk

Nieu-Seeland het 11 drieë teen Namibië aangeteken teen ‘n tempo van ongeveer een drie elke sewe minute.

Wanneer die All Blacks aan die gang kom kan hulle eenvoudig nie ophou om punte aan te teken nie. In die ou dae het hulle dit teen top-spanne gedoen; deesdae doen hulle dit teen middelmatige teenstaanders.

Dit is moeilik om iets positiefs uit ‘n onewe wedstryd soos hierdie te kry, maar een helder lig vir Nieu-Seeland was die vertoning van Cameron Roigard op skrumskakel in slegs sy tweede internasionale wedstryd. Behalwe om twee drieë te druk, het hy die wedstryd soos ‘n gesoute pro aangepak. Hy lyk na ‘n waardige plaasvervanger vir Aaron Smith.

Ierland marsjeer voort

Arrogant en astrant mag hy wees, maar die briljante Johnny Sexton het ‘n droom-terugkeer gehad ná sy verbod. Hy het die span soos ‘n sirkusmeester gelei en ‘n drie gedruk net voordat hy vervang is. Selfs afrigter Andy Farrell, die man wat agter sy eie ystermasker skuil, is uitgevang met ‘n glimlag – maar net flussies.

As daar swakhede in hierdie kant is, is dit nie maklik om te vind nie.

Wallis kry hul bonuspuntdrie… ook maar net-net

Terwyl Wallis met vier drieë gewen het, kom alle eer Portugal toe. Hulle het hul een kosbare drie gevier asof hulle pas die Wêreldbeker gewen het, en hoekom nie?

Wallis? Wel, hulle het gedoen wat hulle altyd doen. Hulle het amper lewe gekry – maar toe nie. Geen verrassings daar nie.

Frankryk (3 drieë) 27-12 (2 drieë) Uruguay

Nieu-Seeland (11 drieë) 71-3 (0 drieë) Georgia

Ierland (8 drieë) 59-16 (1 drie) Tonga

Wallis (3 drieë) 28-8 (1 drie) Portugal

* In Sondag se wedstryde het Engeland vir Japan 34-12 geklop, en Fiji vir Australië 22-15. Nie net het Suid-Afrika in die middag se eerste wedstryd teen Roemenië 12 drieë gedruk nie, maar hulle het ook die Romene daarvan weerhou om enige punte aan te teken (eindtelling 76-0). Volgende stop: Ierland.

Op die foto hierbo: Johnny Sexton vier Ierland se oorwinning

Bron: Twitter