Deur Dylan Bettencourt
Nadat hy agt jaar in Amerika gewoon het, het Trevor Noah na Suid-Afrika teruggekeer om met sy komedievertonings regoor die land te toer.
Daar was baie afwagting oor hoe die vertonings sou afloop, met die ooglopende vraag: is hy steeds snaaks?
Trevor Noah is seker nog snaaks maar een ding was duidelik. Hy was lank weg.
Daar was baie gevalle waar dit duidelik was hoe lank Noah landuit was, en dit amper gelyk het of hy uit voeling was. (Ja, hy maak steeds Zuma grappies.)
Om vir byna ‘n dekade weg te wees, sal dit aan jou doen.
Baie mense was nuuskierig oor wat die inhoud sou insluit. Sou hy die meeste van die tyd oor Amerika praat? Sou hy op Suid-Afrika konsentreer? Dit was moeilik om te voorspel.
Om die vertoning nie vir ander te bederf nie, sal ons nie besonderhede weggee nie – maar hy was snaakser as wat verwag is.
‘n Verrassende element van die vertoning was hoeveel Trevor Suid-Afrika en sy mense geprys het.
Maar dit is waar dit moeilik raak, want onlangse berigte het beweer die komediant is R33 miljoen deur SA Toerisme betaal om die land te bevorder.
Terwyl Trevor hom gehaas het om die bewerings op radio in die kiem te smoor, het dit in my agterkop gebly terwyl hy die land herhaaldelik geprys het. Daar is ‘n verskil tussen om iets opreg lief te hê en om betaal te word om dit op te hemel.
Natuurlik wil ons aanvaar dat hy lief is vir die land en dit geniet om terug te wees na agt jaar weg. Die 39-jarige was nie op sy beste nie, maar hy hoef nie te wees nie. Hy het niks om te bewys nie.
Trevor is al so ‘n ou hand dat hy homself nie te veel hoef in te span om te bewys dat hy snaaks is nie, en dit lyk of hy dit besef het.
Nietemin was sy Savanna-toer in Pretoria Woensdagaand lekker, goed georganiseerd en groot pret.
Op die foto hierbo: Trevor Noah
Bron: Twitter