‘n Ware leier in wording

Bongi, what a guy

Tydens die wedstryd teen Skotland was skeidsregter Angus Gardner duidelik geïrriteerd toe Bongi Mbonambi met hom gepraat het.

“Wie is die kaptein?!” het die ref kwaai geblaf.

“Ek is,” het Bongi rustig gesê.

“O! Jammer!” seg Gardner met ‘n skaapagtige glimlag.

Dis wat gebeur wanneer Bongi Mbonambi as kaptein oorneem, as Siya Kolisi die veld moet verlaat. Hy neem so naatloos oor dat dit lyk asof niemand iets agterkom nie.

As ‘n haker loop hy dikwels deur onder vergelykings met Malcolm Marx, wanneer Marx van die veld af is.

Dis rof daar buite! Maar Bongi het die uitdaging aangegryp – soos hy nog altyd uitdagings die hoof gebied het wat die lewe sy kant toe gegooi het.

Mbongeni Theo ‘Bongi’ Mbonambi is in Bohlokong, Bethlehem in die Vrystaat, gebore waar hy by sy model C-skool rugby gespeel het — en huis dan toe gegaan en meer rugby saam met sy vriende gespeel het. Hulle het ‘n bal gemaak van ‘n groentesak vol papier en plastiek. .

“Ek het rugby op skool geleer, en ek sou huis toe kom en vir die ander seuns die reëls van die spel leer,” het hy in ‘n onderhoud aan SA Rugby gesê.

“Rugby het my van die slegte kant van die lewe gered. Dit het vir my ‘n beter kant gewys.”

Hy het in 2011 provinsiale rugby in Pretoria begin speel en was in 2016 in die Springbok-groep teen Ierland.

‘n Hoogtepunt van sy lewe is toe hy in 2017 met Anastacia getrou het by die Webersburg-wynlandgoed.

Op die foto hierbo: Bongi Mbonambi

Bron: Springbokke