Dit was ‘n doodgewone aand in die stil Engelse kusdorpie Chapel St Leonards. Min het die dorpenaars geweet hul vebeeldings was op pad om tot die uiterste gestrek te word.
Toe joga-ghoeroe Millie Laws besluit het om die ligte te verdof vir ‘n ontspannende sessie by Unity Yoga, het sy geen idee gehad dat haar vreedsame groepsessie so ‘n herrie sou veroorsaak nie.
Ná die sessie, terwyl almal diep-zen gevoel en uitgestrek het, is die stilte verbreek deur die geloei van sirenes, berig CNN.
‘n Besorgde plaaslike inwoner, wat verskeie mense op die vloer sien afkoel het, het die polisie gebel uit vrees dat ‘n rituele massamoord aan die gang is. Dit blyk toe dat dit net ‘n paar jogi’s in diep meditasie was.
Seascape Cafe het mense op Facebook humoristies op datum gebring. “Aan almal wat gisteraand sirenes gehoor het, ontspan! Dit was net ons joga klas wat mediteer het, geen mal kultus nie!”
Millie het gesê: “Dit was surrealisties. Ons het gemik na innerlike vrede, nie polisiesirenes nie.”
Sy het bygevoeg: “Ons het almal diep ontspan en het nooit kon dink dat dit so opgeneem sou word nie.”
Gelukkig het die polisie begrip gehad.
“Die oproep is met goeie bedoelings gemaak, en almal was veilig en gesond,” het hulle in ‘n verklaring gesê.
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: ‘n Joga klas