Elke wynkop se droom!

Wine flood in Portugal
Screenshot

https://twitter.com/spectatorindex/status/1701322972295004208

Die klein Portugese dorpie São Lourenço de Bairro het wynliefhebbers wêreldwyd jaloers gemaak toe ‘n massiewe 2.2 miljoen liter rooiwyn deur sy strate gestroom het.

Twee Levira Distillery-tenks se beker het inderdaad oorgeloop toe hul inhoud reg in die hartjie van hierdie oulike dorpie uitgelek het.

‘n Video, wat nou die ‘Wine-tastic clip X’ genoem word, het die onverwagte rampspoedigheid vasgelê van wyn wat die strate oorspoel en teen die dorp se bulte afloop.

Dit was egter nie net ‘n saak van gooi jou wyn voor die swyne nie. Amptenare het blitsig omgewingswaarskuwings uitgereik, en daar was opregte kommer dat die wyn met water van die nabygeleë Certimarivier sou meng.

Maar plaaslike helde, lede van die Anadia-brandweer, het die probleem kon kurk deur die wynstroom na ‘n oop veld te herlei, het People berig.

Levira Distillery was vinnig om te reageer en het ‘n hartlike nota versprei.

“Ons is verskriklik jammer, en belowe om die dorp met wyn te bederf totdat alles opgeruim is!” het hulle gesê.

Hulle werk nou aktief daaraan om hul wingerdflater te korrigeer, en maak seker dat daar van elke laaste druppel rekenskap gegee word.

En as jy dink hierdie storie is enig in sy soort, dink weer. Verlede jaar het sommige Italiaanse burgers ‘n verrassing gekry toe rooiwyn reguit vanuit die krane in hul huise gevloei het!

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: Die wyn stroom behoorlik!

Bron: Twitter