Deur Andy Capostagno
Dis die beste tye maar die slegste tye, met ‘n Wêreldbeker-rugbytoernooi wat vol intrige afgeskop het – selfs al is dit in verkeie stede gespeel.
Gashere Frankryk het verrigtinge geopen met ‘n stammelende vertoning wat nietemin goed genoeg was om Nieu-Seeland hul eerste nederlaag ooit in ‘n poelspel te besorg.
Dieselfde kan gesê word van die Springbokke, wie se vuurvaste verdediging heeltemal te goed was vir ‘n Skotland-span wat met min blink idee’s vorendag kon kom. Vir die verdedigende kampioene was dit ‘n geval van ‘paal gehaal, maar ons kan baie beter speel’.
By dieselfde Marseillese stadion 24 uur vroeër het Engeland hul kaartjie in die resies bespreek deur ‘n Ford in plaas van ‘n Ferrari te gebruik.
George Ford se vertoning op losskakel was presies die soort niks-nonsies vertoning waarvoor die Engelse spanne eens bekend was. Dit is ironies dat hy hierdie kans gekry het slegs weens die drie weke lange verbod wat tans deur Owen Farrell uitgedien word.
Wat ons by die slegte tye bring. Dit was voorspelbaar, maar nietemin ontstellend, om te sien hoe die Bunker-beamptes die pret bederf het tydens wat veronderstel was om ‘n heerlike geleentheid te wees.
Die sogenaamde Bunker beoordeel vuilspel in werklike tyd. Dit hou by die letter van die wet, maar kom ons erken dit, die wet is vol gate.
Belanghebbendes moet ‘n noodvergadering hou om die kwessie van kop-teen-kop kontak te besleg. Tom Curry het absoluut niks verkeerd gedoen nie, maar sy rooikaart het veroorsaak dat Engeland vir die grootste deel van die wedstryd met 14 manne moes speel.
Jesse Kriel, daarenteen, kan vir skeidsregter Angus Gardner bedank dat hy nie van die veld af gestuur is nie. Gardner het geen benul gehad van wat tydens skrumtyd gebeur het.
Die goeie nuus is dat daar klomp sprankelende rugby te sien was, maar die meeste daarvan deur spanne van wie nie verwag word om die uitklopfase te haal nie.
Fidji, Georgië, Chili en Japan het hul oomblikke in die son geniet – en dit is die moeite werd om te onthou, lank nadat ons van die wrede wetstoepassers vergeet het.
Op die foto hierbo: Dis Bokke teen Skotte
Bron: Springbokke