Gereed vir die Rugby Wêreldbeker?

Bokke vier hul 2019 RWB wen

Die Wêreldbeker-rugbytoernooi sluit af met die eindstryd in Parys op 28 Oktober by Stade de France, en tussen nou en dan sal van die beste rugby wat die wêreld nog gesien het, gespeel word.

➤ Suid-Afrika hou Sondagaand sy kollektiewe asem op wanneer alles waarvoor die Springbokke gewerk het, bymekaarkom in ‘n veldslag teen Skotland. Suid-Afrika is een van vier gunstelinge om die beker te wen, Skotland is nie. Maar niemand het dit nog vir die Skotte vertel nie.

Dit is nie net ‘n kwessie van wen of verloor nie. Hoe Suid-Afrika Sondagaand presteer, mag dalk bepaal hoe die res van hul toernooi gaan afloop.

➤ Vrydagaand skop twee van die beker-gunstelinge die toernooi af wanneer Frankryk en die All Blacks kragte meet. Die Franse kom goed voorbereid vir die wedstryd, terwyl die All Blacks nog hink na hul ergste nederlaag ooit, na die Springbokke hulle twee weke gelede met 28 punte geklop het.

Maar dit beteken nie dat Frankryk maklik gaan wen nie – ‘n wedstryd en ‘n skouspel wat nie misgeloop mag word nie.

➤ Die vier wedstryde op Saterdag word afgesluit deur ‘n moet-wen situasie vir beide Engeland en Argentinië. Laat ons nie doekies omdraai nie: Engelse rugby is aan flarde. Argentinië het met elke wedstryd in statuur en selfvertroue gegroei. Hoe vrot is Engeland nou eintlik? Ons sal Saterdag uitvind.

Frankryk vs Nieu-Seeland: DStv-kanaal 211 Vrydag 9.15nm.

Engeland vs Argentinië: DStv-kanaal 201 Saterdag 9nm.

Suid-Afrika vs Skotland: DStv-kanaal 211 Sondag 5.45nm.

➤ Die eindstryde van die Amerikaanse Ope word hierdie naweek by die Arthur Ashe-stadion gespeel, met beide die vroulike en manlike wenners wat gekroon sal word.

Dinge het opgewarm wat die weer aanbetref, en sake is net so warm op die baan.

Die finale tye moet nog bepaal word, maar die vroue sal dit Saterdag uitspook terwyl die mans Sondag hul slagbyle optel.

As die laaste Grand Slam van die jaar, sal spelers ekstra motivering voel om die jaar te eindig met ‘n groot wen.

Al die wedstryde sal regstreeks op DStv-kanaal 214 wees.

➤ Bafana Bafana is weer in aksie namate sokker voorberei vir sy internasionale blaaskans.

Suid-Afrika ontmoet bure Namibië Saterdagmiddag in ‘n vriendskaplike wedstryd. Alhoewel die wedstryd amptelik vir niks tel nie, bly dit belangrik in Bafana se voorbereiding vir volgende jaar se Afrikabeker-toernooi.

Met verskeie nuwe gesigte in die span, hoop Hugo Broos dat die span met sy vars voorkoms die knoop sal deurhaak.

Vang Bafana teen Namibië Saterdag om 3nm regstreeks op DStv-kanaal 202.

Op die foto hierbo: Die Springbokke lig die Wêreldbeker-trofee in 2019

Bron: Twitter