Die seun gebore om Bok te speel

PS we love you!

Pieter-Steph du Toit is in ‘n rugbygesin gebore. Daar was nooit enige twyfel dat hy eendag die hoogste vlak van die spel sou bereik nie.

Hy is die kleinseun van die voormalige Springbok-stut Piet du Toit wat tussen 1958 en 1961 14 toetse vir die Springbokke gespeel het. Dit is nie verbasend dat die groot stut die bynaam “Spiere” gekry het nie.

Pieter-Steph se jonger broer, Johan, het vir die Sharks en later vir die Stormers gespeel.

As skoolseun by Swartland Hoër het Pieter-Steph agtsteman gespeel en hy was mal daaroor. Maar toe word hy te groot, en gevra om na slot te verskuif.

Hy wou nie, maar het uiteindelik ingestem en toe hy deur Sharks-talentsoekers opgemerk is, het hy op slot gebly.

Sy eerste wedstryd as Springbok-flank sal as een van die swartste dae in Springbok-rugby onthou word. Dit was die dag toe Japan Suid-Afrika in Brighton, Engeland tydens die 2015 Wêreldbeker geklop het.

Die span is oor die kole gehaal deur beide die media en die publiek, maar Pieter-Steph en afrigter Heyneke Meyer het die ergste daaronder gely, veral omdat Du Toit op die blindekant-flank gekies is in plek van Siya Kolisi.

Toe, soos met soveel Springbok-spelers die geval, stap Rassie Erasmus in sy lewe in. Pieter-Steph het floreer.

‘n Hoogtepunt van sy loopbaan tot dusver was toe hy as Speler van die Wêreldbekertoernooi 2019 aangewys is.

Vandag is dit moeilik om Pieter-Steph du Toit as enigiets anders te ag as finominale flank, groot, sterk en blitsvinnig, wat met die bal onder sy arm in die middel van die veld af spoed.

Daar is geen kwessie nie: hy gaan ‘n massiewe rol in Suid-Afrika se Wêreldbeker-veldtog speel.

Op die foto hierbo: Pieter-Steph du Toit

Bron: Springbokke