‘n Brulpadda in die Krugerwildtuin het ‘n toevallige videoster op sosiale media geword nadat hy dapper teruggeveg het teen ‘n honger hamerkop.
Wildkyker Michael Rothman het die hele spulletjie op sy kamera vasgelê. Hy het aan Newsflare gesê hy het ‘n hamerkop gewaar wat sy aandete nader.
Dit lyk na ‘n wanbalans, verseker, met die voël wat oor die brulpadda uittoring. Wanneer die voël genadeloos na sy prooi begin pik, lyk die padda sommer klaar soos die verloorder.
Nadat die brulpadda egter twee keer deur die hamerkop opgepik is, skraap hy sy moed bymekaar en pak die magtige vyand aan.
Hy loods homself na die voël toe. Dit is ‘n effektiewe skuif, en die verstomde voël weet nie lekker hoe om te reageer nie.
Die twee is aanmekaar vir ‘n volle halfuur, nie een in staat om die ander te verslaan nie.
Uiteindelik begin die hamerkop moeg word, en dis wanneer die brulpadda sy kans gebruik, in die water spring en wegswem om vir nog ‘n dag te kwaak.
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: Hamerkop v brulpadda
Bron: Youtube