Daai mullet is mal!

Tjek daai mullet

Tami Manis van Tennessee het haar Guinness-wêreldrekord, vir vrou met die langste mullet op die planeet, inderdaad verdien.

Dié prestasie kom nadat sy 33 jaar lank die hare aan die agterkant van haar kop laat groei het sonder ‘n enkele sny, wat ‘n allemintige mullet van 172.72cm tot gevolg gehad het.

Tami se missie na die eiland van ikoniese mullets het in die 1980s begin toe sy die musiekvideo vir ‘Voices Carry’ deur Til Tuesday gekyk het. Die hoofsanger se rotstert het haar geïnspireer, en sy het geweet sy moes self een groei.

‘n Haarkapper het haar egter in 1989 oortuig om van die rotstert ontslae te raak. Sy was onmiddellik spyt, en het besluit om nooit weer daardie hare te sny nie.

So het 9 Februarie 1990 haar mullet se amptelike verjaarsdag geword – die begin van ‘n dekades-lange strewe om haar doelwit te bereik, het Sky News berig.

“Ek is geseënd met hare wat lekker groei, en nou is dit die wêreld se langste mullet, en ek is in my noppies,” het sy gesê.

Tami hou gewoonlik haar hare gevleg weens die buitengewone lengte daarvan, en los haar opknapper vir ‘n geruime tyd in om die taak hanteerbaar te maak.

Sy het ook onthul dat die meeste mense nie besef presies hoe lank haar mullet is totdat sy omdraai om haar verstommende haarstyl te openbaar nie.

Benewens haar Guinness-wêreldrekord, het Tami Manis aan die Femullet-afdeling van die 2022 Amerikaanse Mullet-kampioenskappe deelgeneem, waar sy tweede plek behaal het. Hierdie kompetisie, bekend as die grootste van sy soort wêreldwyd, lok meer as ‘n duisend deelnemers elke jaar.

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: Tami Manis en haar rekordbrekende mullet

Bron: Twitter