Gen Z dames het die afspraak-toneel opgekikker met hul unieke begeerte vir mans wat ‘n vasektomie gehad het – en hulle noem dit liefdevol ‘vasek-lekker’!
Quinn Finite, ‘n 25-jarige inhoudskepper van Kanada, is entoesiasties oor die lewe-na-vasektomie.
Sy swiep nie net regs vir enige ou nie. Dis vasektomie of geen aksie nie! Trouens, sy het met trots haar liefde vir “vasek-lekkernye” aan haar 368,000 aanlyn volgelinge verklaar.
Hoekom hierdie skielike belangstelling in gesnipte vryers, vra jy? Dit gaan alles daaroor om die planeet te red, een vasektomie op ‘n slag.
Die punt is om die aarde se bevolking te verminder, en daar’s geen beter afskop as ‘n vasektomie-opskop nie.
En die ouens? Hulle is meer as bereid om saam te speel.
Uroloog Alex Shteynshlyuger onthul ‘n yslike toename van 500% in vasektomie-versoeke van jong mans in New York City, het die New York Post berig.
Onlangse studies toon dat ouens onder 30 en diegene sonder kinders almal hul kaartjies op die vasektomie-trein bespreek.
Cheyanne Rollins, ‘n pittige aanlyn-afspraakmaniak, vind ‘n man met ‘n vasektomie so warm soos die Paarl se teerpad.
Volgens haar sê hierdie ouens: “Ek is verantwoordelik, en ek gaan jou nie verras met ‘n bondeltjie vreugde nie!”
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: ‘n Prentjie ter illustrasie