‘n Amerikaanse man is opgemerk waar hy op die snelweg ry met ‘n massiewe bul genaamd Howdy Doody as sy passasier.
Die Norfolk-polisie het ‘n oproep gekry oor hierdie ongelooflike gedoente, en ‘n groot verrassing gekry met hul aankoms.
Hulle het waarskynlik ‘n jong kalfie in die passasiersitplek verwag, maar loop hul toe trompop in Howdy Doody – ‘n Watusi-bul wat beslis nie jou deursnit passasier is nie.
Die motor het gelyk of dit ‘n paar beesmodifikasies ondergaan het. Die deur aan die passasierskant is vervang deur die soort metaal-reling waarmee beeskrale gebou word.
Die beamptes moes die bestuurder aftrek en dus sy bul van ‘n pretrit bederf.
Die bestuurder, Lee Meyer van Neligh, het blykbaar voorheen al ‘n paar verkeersoortredings met sy vleispaleis van ‘n reisgenoot gepleeg.
Die beamptes het besluit op ‘n waarskuwing in plaas van boetes, waarskynlik omdat hulle nie ‘n gebulder daaroor wou begin nie.
Die toneel was nog meer verregaande oor die kennisgewing wat op die reling aangebring is: “Nebraska’s Big Rodeo Parade: Best Car Entry.”
Meyer en Howdy Doody reguit huis toe na die uitstappie.
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: Howdy Doody ry knus in die passasiersitplek
Bron: Twitter