Deur Zukile Majova
Sosiale media gons met ‘n video van ‘n metropolisie-voertuig wat deur inwoners in Gqeberha verjaag word.
Die metropolisie – ‘n relatief nuwe verwikkeling – word in sommige dele van die stad verwelkom, maar in ander dele word hulle met klippe bestook.
Die instelling van ‘n ten volle befondsde metropolisie-afdeling in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) was alles behalwe naatloos. Hiermee bietjie agtergrond…
Die mense van PE het jare lank oorleef sonder metropolisie wat stadsverordeninge kon implementeer.
Gqueberha en Buffalo City (Oos-Londen) was die enigste groot stede in SA sonder hierdie diens. Kiesers daar het gevra dat die ANC ‘n metropolisie-afdeling instel.
DA-leier Helen Zille het die stigting van ‘n metropolisie-afdeling as hoofveldtogstrategie gebruik vir haar party se plan om die stad oor te neem. Die veldtog dateer so ver terug as 2011.
“Een van die probleme hier is dat daar nie ‘n metropolisiediens is nie… julle munisipaliteit belowe julle al jare lank [een],” het Zille aan inwoners van Booysenspark gesê.
“As die DA die verkiesing hier wen, sal ons die metropolisie ‘n prioriteit maak… julle verdien ook ‘n meedoëlose misdaadbekampingsmasjien hier in Port Elizabeth,” het Zille gesê.
Dit het meer as 20 jaar geneem vir Gqeberha om ‘n metropolisie-afdeling te kry. Kritici van die klipgooi-brigade wat lede aangeval het, meen dit is hoog tyd dat inwoners van alle buurte hierdie verdedigers van die stadsverordeninge verwelkom.
Op die foto hierbo: Inwoners in Gqeberha verjaag ‘n metropolisie-motor
Videobron: Verskaf