Deur Michael Madyira
Max Verstappen het sy deurdrenkte tuisskare opgerui toe hy Sondag die Nederlandse Grand Prix gewen het op Circuit Zandvoort.
Op ‘n chaotiese dag gekenmerk deur swaar reën het Verstappen sy negende agtereenvolgende oorwinning behaal en so Sebastian Vettel se rekord vir die mees opeenvolgende oorwinnings in Formule Een geëwenaar.
Die wedren is stopgesit te midde van swaar reën, wat die gebruik van tussenbande verpligtend gemaak het toe dit weer begin het.
Maar die Red Bull-jaer het die verraderlike toestande trotseer en oorwinning behaal, met Fernando Alonso wat die lyn tweede oorgesteek het.
Pierre Gasly is tot derde bevorder nadat nog ‘n Red Bull-jaer, Sergio Perez, met vierde plek tevrede moes wees ná hy gepenaliseer is met vyf sekondes vir spoed in die putbaan.
Nadat reën aan die begin verwoesting gesaai het, kon nog ‘n neerslag – met net ‘n paar rondtes oor – nie vir Verstappen afskrik nie; hy het sy voorsprong by hervatting behou ná die wedren vir 40 minute gestaak is.
“Ek het al voor die begin hoendervleis gekry toe hulle die volkslied speel. Selfs met al die slegte weer het die ondersteuners hulle nie laat afsit nie. Dit was ‘n ongelooflike atmosfeer,” het Verstappen volgens Formule Een gesê.
Mercedes se Lewis Hamilton het sesde geëindig nadat hy in 13de plek weggespring het.
Op die foto hierbo: Max Verstappen
Bron: Formule 1