Niger se nuwe leiers gee Franse gesant die trekpas

Niger junta tells French to voetsek

Deur Chiamaka Okafor

Die junta in Niger het die plaaslike Franse ambassadeur gevra om die land te verlaat.

In ‘n brief van die Ministerie van Buitelandse Sake wat aan sy Franse eweknie gerig is, het die junta gesê die gesant, Sylvain Itte, het 48 uur om Niger te vertrek.

Die kennisgewing is uitgereik omdat hy geweier het om te reageer op hul uitnodiging vir ‘n onderhoud.

Dit het ook “…ander optredes van die Franse regering, strydig met die belange van Niger” aangehaal as ‘n rede vir die uitsetting van Itte.

Anti-Franse sentimente het in Niger gegroei sedert die staatsgreep op 26 Julie, toe president Mohamed Bazoum onttroon is. Staatskaping-apologete het die Franse ambassade in Niamey aangeval terwyl hulle Rusland se vlag laat wapper het.

Die uitsetting van die Franse ambassadeur is ‘n aanduiding van die verswakkende verhouding tussen Niger en sy voormalige koloniale heerser.

In reaksie op die brief van die junta het Frankryk se Ministerie van Buitelandse Sake aan AFP gesê: “Frankryk het kennis geneem van die versoek van die putschiste,” maar “hulle het nie die gesag om hierdie versoek te rig nie – die ambassadeur se goedkeuring kom uitsluitlik van die owerhede in Niger wat wettig verkies is.”

Dit het bygevoeg dat dit voortdurend die sekuriteit en bedryfsomstandighede van sy ambassade in Niamey evalueer.

Frankryk het by ander wêreldleiers aangesluit om die staatsgreep te veroordeel en het deurgaans gevra vir die herinstelling van Bazoum. Dit het ook sy steun uitgespreek vir Ecowas en sy resolusies.

Op die foto: Leiers van Niger se staatsgreep

Bron: Premium Times