Deur Zukile Majova
Die Amerikaanse naelloper Sha’Carri Richardson is die nuwe kaatjie van die naelloopbaan.
Sy het die Jamaikaanse oorheersing vrou-alleen verbreek om Maandagaand goud in die 100m-eindstryd by die Wêreldkampioenskappe in Boedapest, Hongarye, te wen.
Richardson vervang die Jamaikaan Shelly-Ann Fraser-Price, wat vir minstens 14 jaar reeds die sport se kroonprinses is.
Met ‘n tyd van 10.65 het die 23-jarige ook ‘n nuwe kampioenskapsrekord opgestel.
Dit was een van die indrukwekkendste ommekere in atletiek, aangesien Richardson nie daarin kon slaag om outomatiese kwalifikasie in die finaal te verseker nie.
Dit het daartoe gelei dat sy in die gevreesde baan nege geplaas is. Dit mag haar egter tot voordeel gestrek het, aangesien dit blyk of die verwydering van die hoofmededingers druk op haar verlig het.
Richardson het ook haar eie paadjie geloop, nadat sy die laaste Olimpiese Spele moes mis omdat sy positief getoets het vir dagga in 2020.
Nadat Richardson ‘n verpligte beradingsprogram voltooi het, het sy vanjaar teruggekeer om haar stempel in Diamantliga-byeenkomste af te druk en Shericka Jackson te klop tydens ‘n toernooi in Silesië verlede maand.
Richardson en Jackson sal weer in die 200m ontmoet, terwyl Fraser-Price na verwagting ‘n aanwins sal wees vir die Jamaikaanse span in die 4x100m-aflos.
Intussen was daar ‘n bietjie goeie nuus vir Suid-Afrika op die baan, want Zeney van der Walt het gekwalifiseer vir die halfeindronde van die 400m-hekkies wat Dinsdag plaasvind.
Mzansi se hoop op glorie word gedra deur Zakithi Nene en Wayde van Niekerk wanneer hulle Dinsdag aan die 400m semi-finaal deelneem.
Burkina Faso het rede om fees te vier: Hugues Zango het sy versameling van Wêreld-atletiek kampioenskapmedaljes vergroot met ‘n glinsterende goud, toe hy 17.64m in die mans driesprong-eindstryd gespring het.
Op die foto hierbo: Na 14 jaar as die koningin van naelloop, oorhandig Shelly-Ann Fraser-Price die kroon aan Sha’Carri Richardson
Bron: @WorldAthletics