SA op rand van afgrond na Simbine se rampspoed

Akani Simbine peaked too early

Deur Zukile Majova

Dinge het lelik skeefgeloop vir Suid-Afrikaanse naellopers by die Wêreldkampioenskappe wat tans in die Hongaarse hoofstad Boedapest aangebied word.

Span Suid-Afrika het drie top naellopers na die toernooi gestuur; Akani Simbine, Shaun Maswanganyi en Benjamin Richardson is almal sub-10s 100m spesialiste.

Maar die veldtog het op dag een reeds gewankel toe nie Richardson of Maswanganyi sub-10s vertonings kon lewer en dus nie vir die halfeindronde gekwalifiseer het nie.

Die twee atlete het na Boedapest gereis sonder om enige Diamond Atletiek-byeenkomste by te woon, wat beteken dat hulle ernstige tekort geskiet het op ervaring van daardie kaliber.

Atletiek Suid-Afrika moet blameer word vir ‘n deel van hierdie swak voorbereiding, aangesien die meeste SA atlete nêrens te vinde was by belangrike atletiekbyeenkomste in die aanloop tot die wêreldkampioenskappe nie.

Maar die noodlot het SA naelloop met mening getref toe Simbine, die ambassadeur van Mzansi se baan-en-veldspan, vroeg weggespring het en in die halfeindronde gediskwalifiseer is.

Simbine was tot Sondag die enigste man wat verdedigende kampioen Fred Kerley geklop het. Jongelinge Letsile Tebogo van Botswana en Oblique Seville van Jamaika het later stof in Kerley se oë geskop.

Tebogo en Keniaan Ferdinand Omanyala dra nou Afrika se hoop vir die 100m finaal.

Die laaste slegte nuus vir Suid-Afrika op Sondag was die mislukking van Tshepo Tshite om vir die 1,500m se finaal te kwalifiseer.

Op die foto hierbo: Mzansi se hoop op ‘n medalje in die 100m eindig met Akani Simbine vals begin in Boedapest

Beeldbron: @WorldAthletics